La Rochelle Gemeente

welkom by ons webtuiste!

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

Kerk en Wetenskap

KERK EN WETENSKAP
Standpunt van die Moderamen van die Algemene Sinode

Die vraag oor die aard van die verhouding tussen kerk en wetenskap speel van tyd tot tyd onderliggend 'n bepalende rol in die lewens van ons lidmate, waar hulle hulself ook al bevind in die diverse sektore van ons samelewing. Dit is dan dat standpunte en argumente oor onderwerpe soos die evolusie (teorieë oor die ontstaan van die mens), die oerknal (teorieë oor die ontstaan van die skepping), en ander sake soos die invloed van gebed op (byvoorbeeld) reën, klimaatsverandering en dies meer, dikwels tot onverkwiklike gesprekke lei.

Dit lê ten grondslag van die Gereformeerde tradisie dat onderrig en opvoeding, ook ten opsigte van die volle spektrum van die multidissiplinêre wetenskap, deel is van die kerk se roeping om sy lidmate te begelei tot verwondering oor die God van hierdie skepping/heelal, soos wat ons dan ook gereeld gelowig oor Hom bely.

Alhoewel dit anders is as God se openbaarmaking deur Jesus Christus, is sy skepping ook 'n bepaalde openbaarmaking van die misterie en wonder van God self. Die onvermoeide wyse waarop die kerk dan ook in sy geskiedenis die inisiatief geneem het tot die oprigting van skole en ander opvoedkundige inrigtings, is prakties tekenend van hierdie wedersydse respek tussen geloof en kennis.

Lees meer...
 

Verklaring tov die Opstanding

Besluit van die Moderamen van die Algemene Sinode oor die verklaring van die moderators tov die Opstanding

Die Moderamen
1. het by sy vergadering kennis geneem van die afgelope verklaring van die moderators se " Gesprek oor die opstanding";
2. ondersteun die oproep van die moderators tot ‘n bepaalde styl in ons gesprekvoering met mekaar;
3. versoek sinodes om in hulle strukture ‘n proses te begin om aan die hand van die waardes van die Seisoen van Luister ‘n "gesprek oor ons gesprekke" te voer;
4. versoek ATLAS om in oorleg met die Taakspan vir Seisoen van Luister dringend met behulp van kundiges riglyne vir die gesprek te voorsien.

Carmelite
23-24 Junie 2009

 

Vakature: Leraarspos

Daar bestaan tans 'n vakature vir 'n Leraarspos by La Rochelle Gemeente. Meer besonderhede kan HIER verkry word.
 

Belydenis van Belhar

Die Moderamen van die Algemene Sinode en die inhoud van die Belydenis van Belhar

* Die Moderamen voel aan dat Suider-Afrika in meer as een opsig by ‘n kruispad gekom het.

* Die Moderamen bevestig die oortuiging dat die kerk in ‘n tyd soos hierdie gerig moet word deur die Skrif, die Heilige Gees, die profetiese stem van die een heilige en algemene Christelike kerk soos wat dit deur die eeue na ons toe kom, asook formuleringe soos dit veral tot uitdrukking kom in kerklike belydenisse.

* In die lig hiervan aanvaar die Moderamen van die Algemene Sinode, in lyn met die Algemene Sinode-besluite van 1998 en 2004, die Woord van God, die Drie Formuliere van Eenheid en die inhoud van die Belydenis van Belhar as rigsnoer vir ons besluite en optrede.

* Ons is oortuig daarvan dat ons bestaande belydenisse steeds die kernwaarhede van ons geloof op omvattende en beslissende wyse verwoord.

Lees meer...
 
Kopiereg © 2009 La Rochelle Gemeente. Alle Regte Voorbehou.

Fotos

Gebeure

Julie
S M D W D V S
28 29 30 1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30 31 1

Leraars

Verjaardae

Alta Geldenhuys
021 919 5295
Andries Engelbrecht
021 919 4038
Andries Janse van Rensburg
021 919 4975
Antoinette Van Der Merwe
021 919 1896
Arend De Waal
083 772 6805
Diana Coetzee
021 919 0408
Elizabeth Vorster
021 910 4925
Gideon Bekker
021 910 0236
Hendri Higgo
Isa Maas
021 919 5361
Retha Stroebel
021 910 2532
Theresa Mason

Teken Aan